Friday, February 4, 2011

Beplanning - Die begin van sukses

Die eerste maand van 2011 is iets van die verlede en hopelik het almal al hulle nuwejaarsvoornemens en finansiële doelwitte vir die jaar opgestel. Al wat oorbly, is om die implementering te beplan. In enige finansiële  beplanning is daar veral drie realiteite waarvan rekenskap gegee moet word naamlik:


  • Die risiko dat jy ongeskik sal raak of 'n kritiese siekte soos kanker, hartversaking ens sal opdoen.
  • Die risiko dat jy sal sterf en jou afhanklikes nie sal kan oorleef nie.
  • Die risiko dat jy nie genoeg geld het om af te tree nie.
Hierdie is ernstige sake en 'n mens moet vroegtydig daarvoor beplan. Dit is egter nie iets wat 'n mens sonder die nogige kennis kan aanpak nie. professionele hulp is nodig.

My Welvaart / My Wealth is trots om Mnr. Barend Fourie as adviseur bekend te stel wat u behulpsaam kan wees. Mnr. Fourie is reeds 40 jaar in die versekeringsvedryf. Hy was 33 jaar in Sanlam se bestuur, waar hy met opleiding en afrigting van konsultante en makelaars betrokke was. Die laaste agt jaar staan hy persoonlik mense by met finansiële advies. Kontak hom sommer vandag nog deur hier te klik.


No comments:

Post a Comment