Tuesday, March 2, 2010

Ek stem saam. 'n Familielid van my het byna R400 000 by 'n makelaar bele en toe alles verloor. 'n Siviele saak is gewen, maar geen geld kon teruggekry word nie.

Beskerm jou teen die geldwolwe!

In 2006 het ek 'n boek geskryf wat deur LAPA gepubliseer is met die titel: "Skep welvaart uit jou huidige inkomste".http://www.myebroker.info/Wealth_Creation/cat85094_59002.aspx

Hierin het ek die volgende stelling gemaak: "In die pers word voortdurend oor 'n oenskynlik nimmereindigende stroom bedenklike beleggingskemas en bedriers berig waardeur die publiek miljarde rande verloor. daar gaan byna nie 'n week verby nie of opskrifte soos die volgende verskyn in die media" "Swendelaar-koning Harksen beken bedrogspul in Duitse hof, Policy switching racket back to bedevil unwary, Lessons the litany of investment scams should have taught us, Milne erken bedrogspul, Dooie wat R4,4 miljoen wou eis in arres en Droomgeld is weg - vergeet dit. R20-miljoen weg uit Krion-rekening.

Sederdien is wetgewing en regulasies gepromulgeer om verbruikers te beskerm, maar tot vele se verdriet, kan mens die koerante wat sedert 2007 verskyn het, vinnig deurblaai en jy sal dieselfde tendens sien van hoe verbruikers uitgebuit word.

Wat is die oplossing? Myns insiens is die beste oplossing om jouself deur kennis te bemagtig om nie uitgebuit te word nie. Daarby moet jy deeglike navorsing doen alvorens jy geld aan enigeiemand toevertrou. Laaastens, maar nie die minste nie, moet jy jou finansies deeglik beplan.