Friday, February 4, 2011

Beplanning - Die begin van sukses

Die eerste maand van 2011 is iets van die verlede en hopelik het almal al hulle nuwejaarsvoornemens en finansiële doelwitte vir die jaar opgestel. Al wat oorbly, is om die implementering te beplan. In enige finansiële  beplanning is daar veral drie realiteite waarvan rekenskap gegee moet word naamlik:


  • Die risiko dat jy ongeskik sal raak of 'n kritiese siekte soos kanker, hartversaking ens sal opdoen.
  • Die risiko dat jy sal sterf en jou afhanklikes nie sal kan oorleef nie.
  • Die risiko dat jy nie genoeg geld het om af te tree nie.
Hierdie is ernstige sake en 'n mens moet vroegtydig daarvoor beplan. Dit is egter nie iets wat 'n mens sonder die nogige kennis kan aanpak nie. professionele hulp is nodig.

My Welvaart / My Wealth is trots om Mnr. Barend Fourie as adviseur bekend te stel wat u behulpsaam kan wees. Mnr. Fourie is reeds 40 jaar in die versekeringsvedryf. Hy was 33 jaar in Sanlam se bestuur, waar hy met opleiding en afrigting van konsultante en makelaars betrokke was. Die laaste agt jaar staan hy persoonlik mense by met finansiële advies. Kontak hom sommer vandag nog deur hier te klik.


Thursday, December 2, 2010

Is mites oor geld die rede dat minder as 5% Suid-Afrikanes finansieel vry is?

Mites kan dalk die rede wees waarom minder as 5% Suid-Afrikaners finansieel vry is. Een van hierdie mites is dat dit noodwendig geld kos om geld te maak. 'n Ander is dat die geluk aan jou kant moet wees of jy die LOTTO moet wen om ryk te word.

In die 9 Beginsels vir Welvaartskepping , word die teendeel bewys. Baie mense wat sonder geld begin het, het bo aan die leer geeindig. Aan die ander kant is daar talle voorbeelde van mense wat ryk geerf of die LOTTO gewen het, wat binne 'n dekade of twee al hulle geld is.

Lees hoe jy self die 9 beginsels vir welvaartskepping kan implementeer. Bestel die boek nou by ON THE DOT by 0861 668 368 gedurende besigheidsure.



My Welvaart

Wednesday, December 1, 2010

Look at this!

Wednesday, November 10, 2010

Job creation - too important to rely on Government



Government can't create jobs efficiently. The South African Government budgeted R8.5 billion to help companies through the past recession, but through the type of red tape one can expect from Government, only a small portion reached the companies in distress. We have to take initiative to create our own wealth. Visit My Wealth for hot business opportunities.

Tuesday, March 2, 2010

Ek stem saam. 'n Familielid van my het byna R400 000 by 'n makelaar bele en toe alles verloor. 'n Siviele saak is gewen, maar geen geld kon teruggekry word nie.

Beskerm jou teen die geldwolwe!

In 2006 het ek 'n boek geskryf wat deur LAPA gepubliseer is met die titel: "Skep welvaart uit jou huidige inkomste".http://www.myebroker.info/Wealth_Creation/cat85094_59002.aspx

Hierin het ek die volgende stelling gemaak: "In die pers word voortdurend oor 'n oenskynlik nimmereindigende stroom bedenklike beleggingskemas en bedriers berig waardeur die publiek miljarde rande verloor. daar gaan byna nie 'n week verby nie of opskrifte soos die volgende verskyn in die media" "Swendelaar-koning Harksen beken bedrogspul in Duitse hof, Policy switching racket back to bedevil unwary, Lessons the litany of investment scams should have taught us, Milne erken bedrogspul, Dooie wat R4,4 miljoen wou eis in arres en Droomgeld is weg - vergeet dit. R20-miljoen weg uit Krion-rekening.

Sederdien is wetgewing en regulasies gepromulgeer om verbruikers te beskerm, maar tot vele se verdriet, kan mens die koerante wat sedert 2007 verskyn het, vinnig deurblaai en jy sal dieselfde tendens sien van hoe verbruikers uitgebuit word.

Wat is die oplossing? Myns insiens is die beste oplossing om jouself deur kennis te bemagtig om nie uitgebuit te word nie. Daarby moet jy deeglike navorsing doen alvorens jy geld aan enigeiemand toevertrou. Laaastens, maar nie die minste nie, moet jy jou finansies deeglik beplan.